• Home
  • Hope School - Randburg
  • Afrikaans - First Additional Language - Mandatory
  • The Tragic Clown - A Study of Irony and Suffering in SJ Pretorius' Poetry

The Tragic Clown - A Study of Irony and Suffering in SJ Pretorius' Poetry

1 Die hanswors - SJ Pretorius Die hanswors 1 Oor sy afsigtelike boggel, 2 en kromheid, het hul hom gekoggel, 3 en bitterder was hul venyn 4 as sy vergroeide ruggraatpyn. 5 Tussen die diere in 'n hoek 6 het hy die eensaamheid gesoek: 7 "Met klere wat gedurig gaar is, 8 wat doen die vent met sy salaris?" 9 Hy't maandeliks by die poskantoor 10 'n brief gepos of een gelees 11 by die dierkratte, oor en oor: 12 "Sou daar tog êrens iemand wees?" 13 En daardie ewige reuk en drank: 14 nie een sou huil as hy bedank, 15 maar waar hy in die sirkustent 16 aapagtig teen die firmament, 17 hoog teen die takelwerk, kon klouter, 18 die dood uittart, en, klein kabouter, 19 sy duiwelstreke uithaal onder 20 dat almal skater vir die wonder, 21 is hy, hoeseer verag, verlate, 22 nog deur die baas beskou as bate. 23 Toe het 'n brief gekom eendag ... 24 Hy't oor die bed gebuk, verblind, 25 terwyl 'n boggelvroutjie, sag, 26 sterwend fluister: "Dankie my kind ... " Graad 12 EAT - Hanswors 2 Agtergrond SJ Pretorius se gedigte is dikwels oor die lyding/swaarkry van mense. · Die toon van die meeste van sy gedigte is maar somber en pessimisties. In "Hanswors" maak SJ Pretorius gebruik van 'n figuur (hanswors/nar/harlekyn) uit die sirkus om die ironiese situasie van die mens wat swaarkry en liggaamlike gebreke het, uit te beeld. · Hierdie is 'n verhalende gedig wat die storie van 'n hanswors met 'n boggelrug vertel. o Misvormde of gebreklike mense is dikwels as hansworse in sirkusse gebruik. o Hoewel hulle vir hulle deelname betaal is, het die spottery diep emosionele letsels gelaat. o Hierdie mense is dikwels deur die gemeenskap/samelewing uitgestoot. · Terwyl die hanswors in die gedig mense laat lag, is hy die een wat vernedering en droefheid ervaar en agter die skerms huil. "Kipose" is die mediese term vir iemand wat 'n boggelrug het. · Dit is nie goeie maniere om iemand 'n "boggelrug" te noem nie. DIE HANSWORS 51 PROCORIUS As jy na die titel kyk; waaroor dink jy. handel die gedig? 1 Titel As 'n mens die titel lees, dink 'n mens die gedig gaan snaaks/komies wees, maar dit is 'n treurige gedig. . Die funksie van 'n hanswors in die sirkus is om die toeskouers te laat lag met die snaakse dinge/toertjies wat hy doen. . Hansworse is die grapmakers in 'n sirkus, maar hulle is dikwels bejammerenswaardige figure. · Die hanswors in hierdie gedig laat die mense lag, maar ons lees dat hy eintlik 'n tragiese mens is met 'n hartseer geskiedenis. · Die = bepaalde lidwoord. Verwys na die spesifieke hanswors. Graad 12 EAT - Hanswors 3 Sintuiglike waarneming (Sinestesie) Die hanswors en sy omstandighedenword visueel aan ons beskryf. · Ons sien hoe die hanswors lyk en wat hy doen - sintuig = sig . Ons hoor ook hoe sy kollegas van hom skinder en hom tart en die toeskouers